Jongste aktiwiteit:

denkende digter

 

alle navorsing is denke

maar alle denke is nie navorsing nie

.

denkende digters is op soek na

formele, sistematiese, intensiewe

metodiese, gekontroleerde, geverifieërde

en algemeengeldige uitsprake

wat probleemoplossing het

 

die digter dink altyd aan iets,

iemand of iets wat gebeur of gebeur het

vir die “navorser-digter”is denke in isolasie,

leeg, betekenisloos, ‘n hallusinasie

sonder kognitiewe energie

 

denkende digters skryf gedigte

uit ‘n vertrekpunt wat in die werklikheid

gegrondves is; anders het dit geen fondament

om op te staan nie, en sal dit geen effek op die leser

wat dit probeer verstaan hê nie

 

denkende digters probeer

die essensie van wat mense ervaar

en wat hul daarvan wil aflei, weergee

ook die mens se stryd om teenstrydighede

te verwerk in gebalanseerde perspektief

 

die sukses van ‘n denkende digter

lê in sy lesers se deduktiewe reaksie

en selfs in hul induktiewe uitsprake

na hul leeservaring van die digter

se werk – positief of negatief

 

sou ‘n digter se gedagtes en drome

soos vertolk in sy digkuns so sinloos wees

dat dit die leser se indrukke oor die lewe verduister,

verstel, verberg en selfs in kontradiksie laat

sal die pedagogiese waarde daarvan

ook in sinloosheid vervaag

 

Ó Tearlach




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed
  • Rika Gerryts het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Rosalee het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • HENN het ‘n nuwe publikasie gemaak