Grimsreis
traansmak sloop ek stadig
ure loop oor heuwels
maar die warm lying smeek, soebat
soos dit kleef aan my bek
hoe ver moet ek nog loop?
hierdie vier mure trek klere vir my aan
hulle is bekend, hulle is myne
tog sien ek die fondasies
swakgeplak
en fals beloftes is gemaak
© 2023 Louw-Marie Sauerman
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.