Beswaar ©Eduard Smith
Jy sê my pen skryf deure oop
wat vir jou allig soos hemel lyk;
‘n plek waar roes en rot
nie verwoes nie,
waar binnekeelklanke
die strome van rus kan word –
ek maak kapsie
want ons Dawid emosies
en steel aan die reeds geskrewe
dit wat was sal weer wees
en ek ontbreek
aan die nuutheid
wat my pen in jou hart
en jou verstaan
in my woorde lees.
© Eduard Smith
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.