
sonsondergang
sag plooi jou strale
oor nat sand van strand
waar wrakstukke diep verberg
hul storie steeds probeer vertel
van daardie stormagtige nag
toe die chubb vergaan het
jou kwas verf die strand
in laagwater bankies
van oranje-getinte
terug-trek-some
wat soos jong
mens-wange
glimlag en
pronk
©Teárlach
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.