
Broos’mooi
Die prentjie-doek is leeg
‘n doek net wit en sonder kleur
ek kyk terug in die tyd se wyser
waar dit vries in ‘n oomblik saam met jou
Die son skarlaken rooi getooi
my glas-hart se skerwe
weerkaats nat bedrupte trane
en my gees—hang aan klein stukkies lig
Vir ‘n oomblik sien ek
hoe die lig deur die horison skeur
wanneer gedagtes, drome
soos ‘n skilder die leë doek inkleur
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.