
vrolik
om my duin sing alles so bly
fisante huppel en see begelei
al die skilpadjies kom te saam
waar die golfies roep hul naam
selfs dolfyne baljaar en spring
soms jaag hulle vis in ‘n kring
meeu sweef vrolik soos ‘n kind
selfs die wolkies speel in wind
oral in my duineveld is kleur
die sagte windjie dra die geur
tel op om dit wyd te versprei
watter geure sal jy beter kry
veldblomme blom asof in gelid
oranje, pers, turkoois en wit
mense kom om te sien die mooi
fynbosblare oral in wind gestrooi
vrolik is die duine en die see
alles om my lyk tog so tevree
kom kyk bietjie saam hierna
met siel verweef in joune ma
©Teárlach
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.