Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: Hoeder van die uurglas

Deur Marieta McGrath
Datum gepubliseer: 12 Februarie 2019 Aantal woorde: 138 528 Kere gelees 15

Hoeder van die uurglas

Jy was hoeder van die uurglas,
(met ons Thirty Seconds bordspel)
en, al was jy in die ander span,
die dobbelsteen het gunstig tussen ons geval.

Jy was hoeder van die uurglas
en met elke maal se leegloop
het jy triomfant’lik uitgeroep,
my haastige verduidelik verander in lag.

Jy was hoeder van mý uurglas,
‘n prisma vol belofte,
volmaak gegiet ons twee ineen;
voor jou kon ek my omkeer tot deursigtigwees.

Jy was hoeder van mý uurglas,
al die see se sand was ons s’n;
elke korrel het ek jou gegee,
my hele lot het ek vergeefs in jou gestort.

Want vir jou is die bordspel verby.
Jy het reeds my wêreld laat kantel.
En al dwing ek jou aframmelend oorredend tot begrip –

jý is hoeder van die uurglas.

©Marieta McGrath (brons)




TEMAS
1 Kommentaar
  1. Anze

    12 Februarie 2019

    Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Februarie 2019 projek – TYD

Laat u kommentaar

GESKRYF DEUR

Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

Publikasies: 25
Kommentaar telling: 3

Horison Media

AfriForum – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

FAK – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Die Afrikaanse Taalmuseum & -monument – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Gebruikers Aanlyn

2 Lede, 177 gaste aanlyn

Bydraes – Argief