karos
dit was oggend en dit was aand
my duin het geskitter met sonlig
meeue het gesketter van plesier
golwe het versplinter op die sand
dit was aand en dit was oggend
opdrifsels lê tot hoog op strand
baai is vuil gespoel van harders
voëls vreet trommeldik daaraan
dae word weke en weke maande
maande verloop in jare wat kwyn
die see se mooi bly konstant mooi
natuur bly soos nuwe klekie wyn
siel sal nooit moeg word daarvan
selfs sou liggaam later net kwyn
beelde word stories met verhale
lewe wat heeltyd in speel-weer is
elke dag se hoofstuk word vertel
deur eiesoortige gekleurde filters
wat gebeure saam weef in karos
©Teárlach
2 Kommentare
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Februarie 2019 projek - TYD