Vrugpluis |© Ricco |
Ek maak hierdie vrugpluis,
wat jou liefhê in my kom plant het;
so al lepellê groot –
dit kriewel agter my sternum
en ek asem moeilik diep,
want ek is bang;
bang dat ek sal verjaag
wat ek nie ken nie;
bang dat vol longe
teen die wande sal pars
en seermaak wat broos is;
bang dat `n harde asem
die droom onwerklik sal maak.
Ek ken nog nie die tempo
waarteen ons sal groei,
of die mate waarin
ek soos jy sal voel nie –
tóg is ek seker dis reg,
en mooi en goed;
en oortuig dat die kriewel
in my presies is
waarna ek so innig en nodig smag.
©Ricco
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Tearlach
Diep gedagtes, so mooi geskryf