Liefdesbieg | © Ricco |
Tot die Suiderwinde
hul lêplek kry
hoort jou woorde
hier by my;
ek wil myself daarin dompel
as jy ver is én
die stiltes lank en eindeloos strek –
luister jy dalk óók
in die asemstoot
of jy my liefdesbieg
in `n preweling kan hoor,
of verkies jy stilte
as `n wegkruipplek
omdat jy bang is
om dit sélf te bely?
© Ricco
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Tearlach
Puik gedig. Ek het dit geniet