Jongste aktiwiteit:

fees vir die oog – ode aan die Jakaranda

 

 

Baron Carl Ferdinant Heinrich von Ludwig

het die persfees in 1830 na Kaapstad gebring

Templeton het in 1888 met bome na Pretoria gereis

by Myrtle Lodge in Sunnyside en Laerskool Sunnyside

het Japie Celliers die saailinge geplant

nou beskou as nasionale monument

 

soveel perskomberse – soveel odes

jou skouspel raak die harte van mense

maak hul emosioneel en ook vrolik

vir baie jonges is jy soos ‘n droom

vir die brompotte is jy ‘n las

kunstenaars bevestig jou met ‘n kwas

 

jy kom saam met oktobermaand

met blomme ver weg die mooiste maand

versprei oor berg-en-dal flikker jy

jou pragtige groen blaredos

op takke wat spreiend

aandui; winter is verby

 

kinders suig die soet

uit jou persblou blommetjies

en brompotte verwens die kolle

taai nektar op hul motors se dakke

terwyl hul terugdink aan hul jonkwees

hul liefdesfees onder jou persfees

 

soos sneeu in ander lande

hul kersfees se gees kan bepaal

so bepaal jou pers fees-tapyt

pretoria se oktoberfees jolyt

mag jonk en oud tog nooit

moeg word vir jou nie

 

Ó Tearlach.

Die Jakaranda (Jacaranda mimosifolia) is ‘n sierboom wat uit die Andes van suidelike Bolivië en aanliggende Argentinië na verskillende wêreldstreke uitgevoer en dan genaturaliseer geraak het.




2 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed