SNOESIG
SNOESIG
Ek strek myself vroeë oggend na ses
’n nuwe dag is weer aan my geskenk
spring gou op, my deur die strale laat drenk
my in ’n sonjas klee ‘n snoesig nes.
Met wilgertak vleg ek n koelteband
my sonjas te warm word, lawe dit my
vou knus om venster van my siel so vry
as die sonstrale gena’loos neerbrand.
Die goeie is myne om te geniet`
probleme om te keer dat ek stagneer
en ’n poel groen slyk vorm tussen die riet
die goeie en slegte is in beheer
om hierdie dag deur God aan my gegee
te waardeer en te wandel in Sy wee
Marthie Joubert
SONJAS my Afrikaanse woord vir TAN (sonbrand
3 Kommentare
-
HENN
Pragtig. Ek hou hiervan
-
Ricco
Meldenswaardig! Ek is nuut hier en werk stadig deur almal se werk om jul besonderse kuns te leer ken. Met respek Ricco
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, dankie vir jou bydrae vir Oktober 2024 – Afrikaanse woord projek