Jongste aktiwiteit:

keuse

 

elke oomblik ‘n keuse

om asem te haal of eet

gebind deur jou natuur

jou vrye wil om te kies

of nie keuse te maak

 

om te wees of nie

bepaal deur jou keuse

emosioneel of rasioneel

jy bly verantwoordelik

en aanspreeklik

 

jou keuses word geraak

deur eksterne faktore soos

kognitiewe vooroordele, emosies

persoonlike, samelewingsnorme

en jou reaksie op die chaos

van die lewe om jou

 

om te kies is ‘n proses

insameling van inligting

evaluering van alternatiewe

die geweeg van gevolge

maak dan jou keuse

evalueer uitkomste

leer uit jou ervaring

 

gemotifeerde keuse

kan selfopofferend raak

‘n diepgewortelde begeerte

na erkenning, bekragtiging

en bewondering, kan lei

tot martelaarskompleks

wat konsekwent ander

se belange voorop stel

 

niemand kan toekoms lees nie

maak in geloof jou keuses

en volhard daarby

 

Ó Tearlach.

Keuse: Die handeling wanneer ‘n mens kies, of die reg om te mag kies.
Dit waaruit mens kan kies.




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed