Libra-liefde
Libra-liefde
Ek het jou geken voor ons ontmoet het
en het jou hande gevoel
voor ons gegroet het
jy sou vir my nuwe
woorde leer
ek sou tog nie luister
maar jou hart
binne-in-my-hande
begeer
saam gedroom
onder die Libra-maan se volheid
om elke straal te deel
en ons woorde salig te seël
jou soene in ‘n bergstroom
koue water kon dit nie
oplos
en emosie
verlos
tot erosie
en jy, met jou hande ‘n nuwe
taal op my rug kom skilder
ek die
canvass
en jy
die kwas
Tia©️
21/3/19
volmaan
3:33
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Jules
Dis n pragtige gedig uit die hart geskryf.