`n Kamma-maak pleister |©Ricco|
Dit is koddig en naragtig
dat die wat nie régtig weet
hoe seer jou weggaan gemaak het nie,
vir my wil vertel dat tyd genees –
minute wat sleepvoet
tot ure jare later
in kamma-maak pleisters gebind is,
maak kwalik heel
wat die dood by my gesteel het;
híérdie hiaat sal geskikter bly
omdat nie `n enkele ander
ooit in jou hoedanigheid sal kan setel nie.
| © Ricco | 2024
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.