Eendaglelie
ek het bo alles bly glo
dat jy wat so lief was vir die lewe
sou groei sonder snoei
‘n volle leeftyd met jou takke wyd
soos die majestueuse boom reuse teen die hang
ek het gesmeek spaar haar…
kon nie verstaan waarom jy moes gaan
moes uiteindelik aanvaar jy is my eendaglelie
jou waarde ingeskerp deur die kort tydperk
wat jy gegun was om te blom
al was jy nie hier vir ‘n volle leeftyd
het jy voluit geleef
sal jy in my hart bly bloei
2 Kommentare
-
Amaspoke
Pragtige werk, dit gee uiting aan die gevoelens wat ek ook somtyds in my dra.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Loretta Szikra
Dis is pragtig maar terselfdetyd so bitter hartseer. My hart bloei vir jou. Geen ouer verdien om n kind aan die dood af te staan nie....