winter-nag soos die nag oopskeur word donker tussen die sterre en die maan uitgestrooi val die stilte oor die berge dof en ver om die donker te voltooi soos die donker wen sal ek jou drome herken met die stap van die nag bo or die donker sterrenag ons staan in die roerlose straling tussen […]
winter-vuur vlamme krul knetter rondomtalie om nat hout se bas vlam vat kry nie houvas rookies- ruk draai- dartel in ‘n kring tot vlamme die hout begin oorwin in ‘n pragtige pers, oranje en geel uit die hout opspring ‘n warm sprokie tot skadu’s speel teen die muur prentjies voltooi in pers-oranje-rooi laaste vlammetjies word […]
winter-woud die woud is skemer skoon gewas deur die nag eekhoringkies is vrolik-vinnig in hul hop-hop vroeg al voor sonop ek hou my laslappie-kombersie styf teen my lyf dit is sag en dig dit laat die koue vlug my hart gehoorsaam die seisoen se ysige wil geen skoenlappers vandag wat flapper die koue is te […]
Godelike-genade-grepe deurbrake sonder enige aansprake die punt Godse oortuiging dis die einde van ‘n seisoen dis tyd om daarmee te versoen die vraagteken dis die tyd van afsonder en heeltyd bly wonder drome prys gee elke tree in geloof vorentoe te gee die komma komma-tyd is om fokus te kry gedagtes vloei vry in hoop […]
stem van die woud hoor die stem van die woud weer nog ‘n keer roep kom tuis na die woud waar w-a-r-r-e-l-w-i-n-d gedagtes rustig kan raak met oorvloedig asem en kalmte wat nooit op sal raak die woud wag nou bome staan hoog en getrou teen die safier in die hemelse boog van blou ook […]
horison op die horison lê die pad wat ek moet vat in die verte lyk die dubbelstreep ñ een-geel in geheel waar ek staan is dit dan ñ geel-verdeel watter kant toe nou regs of links? n keuse gou? “Left …where nothing is right” of is dit..? “Right…where nothing is left” Met elke voet se […]

soms in Junie se winter-kou raak die sonskyn-flou winter-wind wat blare weg steel terwyl die reën die takke sag streel soms in Junie se sonskyn sal ‘n spierwit vlinder verskyn om ‘n boodskap te bring en dan weer te verdwyn ‘n veertjie val ‘n vlinder-vlieg-vry waneer ‘n engel dit stuur van ‘n plek ver-ver van […]
*geskryf een-jaar-gelede* EPOS eDiä!kwain vertel van die natuur !Gâi! klonkie kinners hier by die vuur wat hooglek na die sterre, die sterre sê “tsau tsau” vir die warm tonge van die vuur Kabbo speel die goura en kom ook luister ek is !Diä !kwain, seun van Xa: a-tin, die xoma aob ek kom van die […]