winter-nag
winter-nag
soos die nag oopskeur
word donker tussen die
sterre en die maan uitgestrooi
val die stilte oor die berge
dof en ver om die donker te voltooi
soos die donker wen
sal ek jou drome herken
met die stap van die nag
bo or die donker sterrenag
ons staan in die roerlose straling
tussen die donker dinge
waardeur ons lewens gaan
saam tot die laaste flikering
voor ‘n nuwe dag opstaan
Laetitia©
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Augustus 2019 projek