genade
Godelike-genade-grepe
deurbrake sonder enige
aansprake
die punt
Godse oortuiging
dis die einde van ‘n seisoen
dis tyd om daarmee te versoen
die vraagteken
dis die tyd van afsonder
en heeltyd bly wonder
drome prys gee
elke tree in geloof
vorentoe te gee
die komma
komma-tyd is om fokus te kry
gedagtes vloei vry
in hoop weet mens
om aanhou met loop
en jou in komma-tyd te verbly
die uitroepteken
dit bring die finale besef
jou planne is verniet
dit bring net verdriet
gee oor laat gaan
In God se WIL sal jy
bly staan
en is jy tot alles in staat
sonder enige
beperking of maat
Laetitia©
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.