Die donkerdag
Rou is ‘n kleur
grys met roet gesméér
onderstebo in-mekaar-geblik
met ‘n leë dorwe kreet
die hemel,bruis ,knel en skor
wolke drup losbandig
so asof die vuilheid net wegspoel
uit na die see
Verorber sal dit tog net weer word
met hoek en lyn
op-ka-trol-op-ka-trol
deur die branders se breek
oor die kole
tot op ‘n bord
Daar steek hy weer sy kop uit
skande en smart
donker-rou
wie sou wou lag
te’ denke aan ‘n druppeltjie dou
net ‘n boer se smart
kon reinig.
©Morné du Preez
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.