Jongste aktiwiteit:

In Die Gange Van Onthou

(Die pyn van Alzheimers)

in die gange van onthou
is dit altyd skemerdonker
en die dowwe lig
wat aan ‘n kaal draad hang
bly altyd net te vêr om lig te maak

in die gange van onthou
is daar deure aan weerskante
wat geslote bly,
die handvatsels is lankal weg,
die sleutels het in newels weggeraak

in die gange van onthou
loop daar skimme om my rond
wat ek nie sien nie
wat gesigte nie meer het nie,
my geheue lê nou braak

in die gange van onthou
is die kaleidoskoop
nou swart en wit,
en al my bang en vrees
lê weerloos voor die wêreld naak…

©Anton Bosch 22/07/2019




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed