Jongste aktiwiteit:

Nagdenkers

hoekom die donker altyd
die abrupte verdeling van tyd
minderwaardig sal laat lyk
weet mense soos ek ook nie

vraagdun verhale speel daagliks af
tussen mense, dinge, natuur
emosies, die heel gebroke
en die half geheeldes

almal lewe asof tyd geen einde ken
maar saans in die stilte van selfsoek
wonder mens oor wonderlike werklikhede
wat realiteite dalk kan oorgrens
en brue bou na ‘n vreemde toekoms

dit was pikduister toe jy my laatnag bel
my kop was nog in lallaland;
ek het eers gedink ek droom
toe ek jou stem in my oor neerlê
en ek was dankbaar
dat geen môre of gister
daardie oomblik ooit sal kan vervang nie,
want nou weet ek die slotsom van alles
is in jou hart uitgekerf.

© 2019 Caren Kearley
Kopiereg voorbehou




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed