ek wens
ek wens
ek kon jou taal nie verstaan
jou oë
het nog altyd
jou hart se verhaal
eerlik vertaal
jou skerpste wapen
dis in jou diep-kyk
byna soos ‘n stille-smeek
wat my hart se ys
oor’n afstand in flenters
kan laat breek
en
emosies weer
tot sondes
te motiveer
Tia ©
6/6/19
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.