Jongste aktiwiteit:

Soms

soms
in Junie se winter-kou
raak die sonskyn-flou
winter-wind wat blare weg steel
terwyl die reën die takke sag streel

soms
in Junie se sonskyn
sal ‘n spierwit vlinder verskyn
om ‘n boodskap te bring
en dan weer te verdwyn

‘n veertjie val
‘n vlinder-vlieg-vry
waneer
‘n engel
dit stuur
van ‘n plek
ver-ver van hier

Tia©️
21/6/19




Ek doen verpleging in psigiatrie as werk en is ‘n dromer wat graag dig en skryf.. maar nooit gedink enige iemand sal dit ooit raaklees... nou gryp elk elke geleentheid aan.. en geniet dit om met woorde te speel

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed