sneeuvlokkie, my nooi
my lyf kry hoendervleis van jou sagte hande
dit spoel oor my vel soos emosionele verraad
my hart klop sagter en ek begin asem soek
voel soos destyds met my eerste “blind-date”
jou sagte broeiende aanraking laat my hare
ritselend regop kom, dit kriewel teen my rug
en gaan sit bewerig in my verlamde onderlyf
waar my bene, knieë en voete bewerig staan
dit gebeur telkens wanneer ek jou ontmoet
jou aangesig so blank en skitterwit verbeeld
verwonder ek my wanneer son jou versmelt
in vol riviere van klokhelder waterval geluide
©Teárlach
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.