winter-woud
winter-woud
die woud is skemer
skoon gewas deur die nag
eekhoringkies is vrolik-vinnig
in hul hop-hop
vroeg al voor sonop
ek hou my laslappie-kombersie
styf teen my lyf
dit is sag en dig
dit laat die koue vlug
my hart gehoorsaam die
seisoen se ysige wil
geen skoenlappers vandag
wat flapper
die koue is te stil
ek trek my laslappie-kombersie
al stywer teen my lyf
terwyl ek hier skryf
dit hou die stilte in
en ook
my Lig
Laetitia©
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.