(Aan my suster Annamarie – moeder en suster) Saam met jou kan ek die pad nie bewandel – waar vrede en rus wag om jou te behandel; waar liefde jou, soos mis, met eerbied omvou om tuis te bring waar God geduldig wag op jou. Gedagtenis beelde van jou lewenslustige wese kom en gaan uit […]
NOU is die werklikheid en dit is soos ‘n geboorte, gevul met allerhande soorte probleme en vrees. In hierdie boek probeer ek vir jou die lewe uitrek, en om dit te vul met geur en kleur van my eie Ek . . . Die boek is leeg, die blaaie bleek, sonder woorde, tog is dit […]
Daar is ‘n koperwaskom met voetstuk, die water daarbinne is ‘n mistige spieël; dit vertoon beelde van ‘n eensaam siel wat waansinnig worstel, hy is verskrik. Hy twyfel en dwaal in ‘n eensaamheid, pyn is sigbaar op sy verwronge gelaat; die siel voer ‘n stryd, versmoor in haat, omring deur satan-gesange se geluid. Pynlike herinneringe […]
(aan my geliefde kat wat in die mis verdwyn het) Eensaam se kleed bedek wysheid se bestaan, teen gister se onbeantwoorde vrae word gestry, grou grys wolke van vertwyfeling kom en gaan, Op soek na sekerheid se antwoord vul jy my. Wanneer woede en haat my hart se siel skeur, kom in gedagtenis beelde van […]
Jou woorde is soos wind se gesuisel, dit kom en gaan in die vergetelheid; fluisterend kom die boodskap saam, maar ek hoor sonder om te luister. Uit gramskap en toorn het ontwikkel, bitterheid, ‘n smeulende kwaadheid; opvlieëndheid is die woorde gevoel, waarin ‘n bose opstandigheid broei. Verwonderd staan ek, in skok omhul, waarom al die […]
Redding kom uit ‘n eie wil – , die verskonings is koud, kil; die hout is nat en sonder wil, dit is stil, dis so vreeslik stil. Geen stemme of geraas – , met werklikheid daarnaas; eerlikheid is die eintlike baas, maar maak brand is dwaas. Swaar is die las van ‘n mens in sy […]
Voor jy jou pen in gal doop staan tog net ‘n oomblik stil, luister na die stilte gesuisel wat jou ‘n boodskap bring. As ‘n vuur stadig aansmeul kom dit tot volwassenheid, wanneer die besef aanklop om die gesuisel te versteur. Jy sal die boodskap verstaan wat jou drome aan jou bring, so dring ‘n […]
Wilde winde bring die saadjies, wat hartseer moet kom vervang waar ek alleen sit op die krans, magteloos gevang in sy mag. Voorspoed kom bietjies-bietjies, en dit verdring alles van belang tot verlore en iewers verskans, waar daar donker stilte wag. Strelende woorde van liedjies, wat alle werklikheid vervang met beloftes van nog ‘n kans, […]