Hoe gemaak?
Wilde winde bring die saadjies,
wat hartseer moet kom vervang
waar ek alleen sit op die krans,
magteloos gevang in sy mag.
Voorspoed kom bietjies-bietjies,
en dit verdring alles van belang
tot verlore en iewers verskans,
waar daar donker stilte wag.
Strelende woorde van liedjies,
wat alle werklikheid vervang
met beloftes van nog ‘n kans,
laat my asemloos en vol krag.
Tussen sandsteen mannetjies,
midde in die fluisterende sang
van hulle wat so plesierig dans,
verdwyn die gister van vandag.
Daar maak ek nou plannetjies,
terwyl siel en liggaam verlang
na die plesier, glorie en glans,
van ‘n vreugdevolle nuwe dag.
08/11/2017 © C. du Plessis
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.