
Meneer sonder eer
Te skaflik gesuite en getie,
Meneer pronkhaan pierewaaier
jou charisma nie te versmaai.
Skoene blink gevryf –
reg soos ‘n resiesperd
met die wenstreep in sig
beloer jy elke lyf
Jou harem oorheers
note styfgepak in die beurs –
verbeel jou jys elke vrou se droom
Skitterwit glimlag –
vals aangeplak
uitgevat in blou Armanie pak
verlustig jy jouself in ‘n terte-wals
In die donker beloer jy die kat
met oë vol planne en kwylende lus
‘n Knyp is ‘n knyp en jy sal hom vat.
Salig onbewus van tyd
en leuens wat nadersluip
baljaar jy lustig in streke
tot Jessebel jou eendag
aan die keel kom gryp!
© Carla Visser
Met dank aan Loretta Szikra
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.