Koperwaskom
Daar is ‘n koperwaskom met voetstuk,
die water daarbinne is ‘n mistige spieël;
dit vertoon beelde van ‘n eensaam siel
wat waansinnig worstel, hy is verskrik.
Hy twyfel en dwaal in ‘n eensaamheid,
pyn is sigbaar op sy verwronge gelaat;
die siel voer ‘n stryd, versmoor in haat,
omring deur satan-gesange se geluid.
Pynlike herinneringe bly aan hom kleef,
in sy diepste wese herken hy die goeie;
wyl swakheid homself vertoon in dade,
om eindelik sonder geluid weg te sweef.
Engele dans rond in sirkels, al om hom,
die lig van Sy liefde is wat hulle aanroer;
hy is gered, die Regter se wil uitgevoer
en hulle wandel saam onder in die son.
04/05/2019 © C. du Plessis
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.