Hoe Stap Ek ?
Redding kom uit ‘n eie wil – ,
die verskonings is koud, kil;
die hout is nat en sonder wil,
dit is stil, dis so vreeslik stil.
Geen stemme of geraas – ,
met werklikheid daarnaas;
eerlikheid is die eintlike baas,
maar maak brand is dwaas.
Swaar is die las van ‘n mens in sy stryd,
smorend is die wolk van eensaamheid;
woorde ontleen ons uit ‘n vergetelheid,
maar daar bestaan geen vaste beleid.
Soos seisoene kom die klagtes een-een,
eers koud, seer, en dan warm en alleen;
hoe stap ek, met jou, oor die veld heen,
na waar ‘n nuwe lewe homself ontleen.
. . . sonder om God te verraai vir ‘n sopbeen?
07/12/2017 © C. du Plessis
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.