Is dit dan nou nie heerlik om ure elke dag uitgesprei op die bank en met ʼn foon in die hand te lê en ontspan nie? TikTok, Instagram, kort YouTube-videogrepe, Facebook, noem maar op. Daar is meer vermaak op daardie klein skermpie as wat enige aapstreke in ʼn sirkus kan bied. In my kinderjare het […]

Die verklaring in die HAT woordeboek vir veerkrag/veerkragtigheid: weerstandsvermoë, elastisiteit, wilskrag, die vermoë tot herstel. Maar wanneer is mens veerkragtig? Elke keer wat jy doelbewus deur moeilike omstandighede werk, bou jy aan veerkragtigheid. En ja, soms voel dit asof jy weer van voor af moet begin, veral as die lewe jou voete heeltemal onder jou […]

Dit was ʼn aardskuddende hergeboorte. Nogal nie die wedergeboorte waarvan die Christendom praat nie, maar ʼn geboorte tot ʼn nuwe bewustheid dat alles wat ons van geboorte af geleer word, nie noodwendig die volle waarheid is nie. Dit was ʼn gebeurtenis wat my tot in my siel geskud het, en skielik het ek myself op […]

(Woordtelling : 843) Oh jinne, mens kan darem die lewe vir jouself bitter moeilik maak! En heeltemal onnodig ook. Meestal het dit 100% te doen met jou gedagtes, maar so min mense verstaan dit. Spreuke 4:23 sê dit immers baie duidelik, “Wees veral versigtig met wat in jou hart omgaan, want dit bepaal jou […]

(Woordtelling : 753) Dat ek nou so oud moes word voordat ek die KKNK vir die heel eerste keer sou kon bywoon. Die immer gewilde Klein Karoo Nasionale Kunstefees wat alreeds 20 jaar bestaan. Vriendinne het al hoeka vertel dat ons moet gaan kyk, maar daar was eers nie geld nie, en toe was […]

(Woordtelling : 569) Dit is nie seker of daar ook ander mense is wat die inperking tydens Covid as ʼn seën, eerder as ʼn straf, ervaar het nie. Wat vir die mensdom ʼn groot tragedie was en groot vrees ingeboesem het, was in daardie selfde oomblik vryheid vir Moeder aarde. Dit het gevoel asof […]

(Woordtelling : 636) Die aarde is ʼn komplekse entiteit en nie sommer net ʼn blou bal wat doelloos in die heelal ronddryf nie. Sy lewe en haal asem. Sy beweeg ook baie meer as wat ons in die aardrykskunde klas geleer word. Dit is nie net die draaibeweging wat ons voortdurend tussen dag en […]

(Woordtelling : 1223) Skoonma draai verseker 365 grade in haar graf om as sy my nou kon sien! Die feit dat ek nog altyd graag kaalvoet geloop het, het haar glad nie aangestaan nie. Op my 30e verjaardag het sy my sonder seremonie vertel dat dit nou tyd geword het dat ek skoene moet […]

(Woordtelling 597) Dit maak nie saak hoeveel jare of dekades verloop nie, soms kan mens presies onthou waar jy op ʼn spesifieke dag was, en selfs waarmee jy besig was. In uiterste gevalle kan jy ook ander, minder belangrike inligting onthou, soos die weer of die klere wat jy aangehad het. Vandag, veertig jaar […]

(Woordtelling : 711) Venterstad, ʼn rustige plattelandse dorpie in die Karoo waar die beeste in die strate stap en die hoenders vir kos op die sypaadjies skrop. Boerbokke help hulself sommer aan die plantjies uit die tuine. Ten spyte van die somerhitte, is die inwoners vriendelik en hulpvaardig. Dit is nou nie juis die […]



