Beste INKers Ek het besluit om die evaluerings-kriteria wat ek inspan met julle te deel. Dit mag dalk net help wanneer jy jou volgende inskrywing aanpak. GEDIGTE: 1. Beeldspraak en taalgebruik: Hoe kragtig, oorspronklik en treffend is die beelde, metafore en woordkeuses? Goeie poësie skilder lewendige prente of roep sterk emosies op met presiese, kreatiewe […]
Beste INKers Julle passie vir woorde, of dit nou in die ritme van ’n gedig of die verweefde drade van ’n kortverhaal is, dít laat INK lewe. As moderator wil ek julle aanmoedig om die volle waarde te benut van die dienste wat julle ledegeld ontsluit. Hierdie dienste is ontwerp om julle skryfwerk te […]
In die ryk tapisserie van die Afrikaanse taal staan die woordjie “`n” as ’n beskeie maar onmisbare held. Hierdie klein lidwoord, wat in Engels as “a” of “an” vertaal word, dra `n subtiele krag wat sinne vorm en betekenis daaraan verleen. Sy teenwoordigheid is so alledaags dat dit maklik oor die hoof gesien word, maar […]
In die dans van woorde, waar die pen swaai en die skerm flikker, vergeet die moderne siel soms die stil krag van lees. Die oog, bedoel om te peil en te peins, word verruil vir die vinnige tik van vingers en die skribbel van gedagtes wat uitstort sonder om eers die grond te toets. Ons […]
Hoesê, Moderator? Bylae 1 Die ontsluitende krag van ‘n treffende titel. Skrywers, anders as ander krygers, het beperkte pyle in die koker – die wapens in die arsenaal is streng gerantsoeneer en tóg moet ons verstaan dat die papieroorlog, waar die pen soms magtiger as die swaard is, ‘n werklike bydrae behoort (en kan) te […]
Beste INKers As jy daarvan hou om jou stem in kortverhale te laat geld, wil ek jou uitnooi om asseblief tyd uit te koop en na die skakel te luister. Dit is Daneel van der Walt wat Hendie Grobbelaar se kortverhaal, “Die rooi tekkies” voorlees. Dit is voorwaar ‘n fees om daarna te luister en […]
Ek wil in samewerking met die projekbestuurder ‘n paar algemene notas skryf oor inskrywings wat gemaak word in die projekte. Julle sal daarop let dat die kategorie wat voorheen as “Gorrels” bekend gestaan het in Junie verander het na “Meningstukke”. Die verandering moes lankal al gebeur het, maar eerder laat as nooit. UITSLAE Uitslae word […]
(Aangesien INK spog met soveel nuwe lede, wil ek net graag hierdie plasing herhaal vir insae deur elke lid) Eerste plasing is oorspronklik geplaas op 12 Mei 2021 en ons het slegs die datum aangepas Ai, my lieflinkies As `n Afrikaner, is een van die moeilikste dinge vir my om toe te gee dat […]
Hokaai bietjie. Dit is `n baie uiteenlopende mening, en voor ek in `n strafinrigting geplaas word, laat ek die titel hiervan verduidelik. Die vraag ontstaan by my, elke keer as ek gedigte moet evalueer, wat is die belangrikste oorweging? Is dit belangriker om te verstaan óf om te interpreteer? Ek persoonlik hou daarvan dat die […]
Beste INKers Die bestuur het dit goed gedink om ‘n paar huishoudelike veranderinge aan te bring. Dit is natuurlik op hierdie stadium steeds oop vir julle opinie, en daarom wil ek julle by die aanhef hiervan uit nooi om daaroor te kommunikeer indien die voorgestelde wysigings verwarrend blyk te wees. Die veranderinge in werksaamhede sluit […]