Jongste aktiwiteit:

Hoesê, Moderator?

Hoesê, Moderator?
Bylae 1
Die ontsluitende krag van ‘n treffende titel.

Skrywers, anders as ander krygers, het beperkte pyle in die koker – die wapens in die arsenaal is streng gerantsoeneer en tóg moet ons verstaan dat die papieroorlog, waar die pen soms magtiger as die swaard is, ‘n werklike bydrae behoort (en kan) te lewer. Hierdie standpunt het natuurlik filosofiese en ideologiese ondertone maar, ter wille van hierdie spesifieke bylae, wil ek vra dat die leser sulke ondertone ignoreer.
My skrywe wil konsentreer op die beperkte gereedskap wat die skrywer het om sy/haar standpunt, eie mening, individuele bydrae en woordkuns te besig.
In welke genre jy ookal deelneem, maar veral in poësie, om jou stem in die Afrikaanse mark (dit geld natuurlik universeel vir ander tale óók) te laat hoor, staan díé waarheid: ons het nét woorde om dit te doen.
Metrum, rympatrone, assonansie, punktuasie, alliterasie, en alle ander ondersteunende hulp wat die digter (skrywer) tot beskiking het, is bloot die spreukwoordelike luidende simbaal en klinkende metaal as treffende woorde ontbreek.
Ek merk ‘n alomgroeiende tendens dat skrywers wat aan die projekte deelneem (en nie nét op INK nie) met die allervreemdste titels vir hul werk voorendag kom. Nie alleen het groot presentasies daarvan niks of baie min met die inhoud van die werk te doen nie, ook word “lomp woordgimnastiek” ingespan om ‘n pseudo-slim titel te skep.
Ek gaan paar voorbeelde opmaak*
1. Traanryp gisterverlange
2. Brose liefdesonthou
3. Verspulde bemeestering
4. Kleurklank van geloof
5. Asemteug-verlange
6. Kromprater fluistering
7. Dooietrap-spore

Ek kan ‘n legio voorbeelde soos hierbo noem.
Ek wil jou as skrywer aanmoedig om die woordgimnastiek te gebruik om skryfwerk te ontwikkel wat lesers gaande maak oor die skoonheid van woordkuns en die wonder van Afrikaans. Titels behoort die leser se oog te vang en in die minste aanduiding te gee wat in die inhoud verwag kan word. Dit moet werklik streng betrekking hê tot die inhoud, en moenie ‘n nagedagte wees wat deur woordkulkunsies geskep is nie. Daar is krag in die titel van jou werk, en in die groot woordsee waarin so baie skrywers meeding, het jy nie die luukse om woord-koekstruif aan die leser te verkoop nie.
Gebruik die taal, skaf ‘n behoorlike tesourus aan, skep, skryf en inspireer – los die pseudoslim-gimnagebrabbel.
Maak elke woord goud en skik só die skaal in jou guns. Elke skrywer skuld ten minste dit aan sy/haar leserskorps.

*Vergelykings en ooreenkomste met bestaande gepubliseerde werk, in watter vorm ookal, is bloot toevallig.




2 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed
  • Anze het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • MC Horak het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • MC Horak het ‘n nuwe publikasie gemaak