LEWE EN DOOD
Genadedood of bystanddood is nog nie wettig in Suid-Afrika nie. Wat is genadedood ?
Genadedood of bystanddood is wanneer ‘n persoon van ‘n ander persoon se hulp afhanklik is om selfmoord te pleeg.
Die onderwerp lok grootskaalse debat op alle velde uit.
Hoe voel jy daaroor, dink jy hulle moet genadedood in Suid-Afrika wettig maak ?
Verskillende emosies en gevoelens lok hierdie debat op ‘n wye spektrum uit.
Pasiënte wat terminale siektes het sien dit as ‘n uitweg as om met pyn, hulpeloosheid of aan ‘n bed vasgekluister te wees .
As ek wat self ‘n kanker pasiënt is hieraan dink dan wonder ek of mens so desperaat sal word omdat jy nie ‘n las vir jou metgesel en kinders wil wees nie.
Sommige siekte toestande tas die impulse van jou brain na jou liggaam en spiere aan wat die persoon met tyd soos die siekte sy told eis verlam.
Daar is soveel rare siektestoestande waarvan ons weinig hoor wat ‘n groot impak op mense se beweeglikheid en dink prosesse het. Genadedood of bystanddood is ‘n baie delikate gesprek omdat mens hier praat van mense en hul gevoelens en omstandighede.
So het ek al langs verskeie siekbeddens gestaan en die lyding aanskou dan bid mens die dood moet intree, God moet intree en jou geliefde verlos.
Hierdie is ‘n baie delikate, tog interressante onderwerp wat dokters, sielkundiges en howe in ons land betwis oor die grondwetlikheid daarvan.
Vandag as ons stil word, kom ons bid dat God deel van ons lewens sal bly dat Hy alleen sal besluit oor lewe en dood.
Foto: rsg
@Loret Zwarts
4 Kommentare
-
Jackie de Klerk
Dit is ‘n delikate onderwerp, ja. Ek voel egter dat dit wettig verklaar moet word.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, dankie vir jou bydrae vir September 2024 – OOP projek