in elk geval
in die kom en gaan
stroom deinings golwe
tot bokant hoogwater merk
werp dit los plante verwoes uit
voorwaar ‘n slagveld van dood
alles wat verwaarloos daar lê
vind sy pad terug na stof
so stroom my gedagtes
my drome van edel
woorde – tot eer van,
ter verheerliking
van Grootheid
in elk geval
uit oor strand
van my soms
sinneloos
tydelike
leeftyd
Ó Tearlach.
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, dankie vir jou bydrae vir September 2024 – OOP projek