ALMAL DRA ‘n JAS
Die Jas en kuil wat bymekaar pas
dra jy jou persoonlikheid op jou mou
of is jy die harlekyn vir vermaak
deur jou lewe ego ander se gelag teen jou vas
wie is die harlekyn
wat in die donker kwyn
sweepslag woorde bitter van weemoed
alfabet se kroon met haat omsoom
honiese lag hoogtepunt van jou dag
sy lewe aan skerwe aan die swaard se punt
hy maak weer gereed
die kostuum en kuil het hy vir gelag verruil
sy lewe die opvoering
sy lewe se gordyne sak
dit was ‘n een man toneel
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, dankie vir jou bydrae vir September 2024 – OOP projek