Swaarte (brons)
Brons
soos ‘n liefdevolle kind
omhels jy my daagliks
maar anders as ‘n drukkie
verstrengel jy my
jy kom lê op my in die oggend
só dat ek nie my dag kan begin
vasgekeer in my bed
bid ek elke dag om te kan begin
jy maak my laat
laat vir werk, laat vir amper als
want jy smoor my wilskrag
jy verhoed my om met enige iets te begin
jy ontneem my van vryheid
jy ontneem my van geluk
jy ontneem my van my passie
jy ontneem my van vrye beweging
jy verlam my op ‘n psigiese vlak
jy vervreem my van ander
want hoe moet ek jou beskryf
vir mense wat nie die swaarte kan sien nie
Jackie de Klerk
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.