Jongste aktiwiteit:

Drome verdroom soms storietjies

Ek hoor in vroegnagskemer die waarsê van die maan
as sag sy stem op aandwind my liefderik vermaan:
“Elk’ dingetjie op aarde is mos sy sousie werd
van ‘n pavementbrakkeffer tot ‘n resiesperd.’

En later, heelwat dieper in ‘n volle-maanskynnag,
hoor ek aan blaargeritsel kabouters aan die lag.
Wil so bittergraag ook weet waaroor hul grappies gaan
want selfs die maan en aandwind het skaterend gaan staan.

Toe alles eers bedaar, en die maan weer verder roei,
het talle feetjie-stories deur slaap in my kom broei.
Maar toe die Son rooi breek kon ek wynig min onthul
om saans as slaaptyd-storietjies te vertel vir jul.




3 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed