Jongste aktiwiteit:

Sielswens van ‘n slegte dromer…

Die voorjaarson sak statig, frambroosvergroot,
agter gunter vlootblouberge en die somervlinders,
wat soggens saggiesstrelend oor die keur van blomme sweef,
het reeds op skeut van fynbosgroei hul selwers vasgeweef.

Die wind haal rustig asem as die aandster dof beginne blink
teen die laaste ligweerkaatsing as voorafskadu vir die dag wegsink
en die kriekies waag so hier-en-daar om nagtelike minnewaan te toets :
Eers dof, gedemp, maar lateraan uitspattig tierend sonder end!

Teen kranse, loodreg in die verre skemer, kla ‘n brandwagbobbejaan
oor aspres geknyp deur wyfies wat teen baldadigheid moet maan
en die Bakoorjakkels kla-smeek teen ‘n vlaskleur opkommaan
wat resoneer in die walming van sy eie tjank se stadige wegtaan…

As dan die nag volkome word en die sterre wolkloos flikker
en ek siel-alleen die grootsheid van die heelal om my trag te meet,
dan wonder ek as kleinste niksweesstofdeel in die makrokosmos
hoevele universums lê daar nog verskuil en wens en bid en smeek
uit die hart dat God my nés die somervlinders sal herweef
sodat die doodsheid van my aardse tent Sy̒ reënboog mag weerkaats…




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed