My Geskenk Aan Jou
My Geskenk Aan Jou
Niemand,
kon ooit nog sy beminde
in sulke onsterflike skoonheid
besing as in Hooglied nie—
Niemand,
kon ooit nog al die edel
hoedanighede van die liefde
so volmaak beskryf as Paulus nie—
Niemand,
Kan dus Paulus of Hooglied
oortref of ewenaar nie maar
steeds besing ons die wonder van
die liefde wat so sag en teer is maar
in sy broosheid sterk soos ‘n rots staan—
Aardse rykdom het ek nie en
woorde skiet ver tekort maar
hierdie rotsvaste liefde
is my geskenk aan jou—
Janetta – Helena [Babs] ©
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.