Jongste aktiwiteit:

Die stoep

#Brons Die Stoep Op hiérdie stoep strek ek vér agteroor en rus my kop teen die verslete houtbank met oulap se lappieskombers oor. Hier lag ek diép uit my maag en ek kerf heel repe dik geelvetbiltong en ek voer die honde wat hulle lui hier voor my vellies tuismaak. Hier lees ek ure lank […]

Lees meer

Gedig van n” ou staaltjie

#Brons Gedig van n’ ou staaltjie Gedig van ou staaltjie wat eindig met dankie arm man wat vra vir skoene by iemand sonder voete Trane wat loop oor wange met diep wetende verlange God ons Redder is in beheer vyand kan hom nie keer Sien mense wat net meer ontvang visie om meer bymekaar te […]

Lees meer

Verspeelde kanse.

Verspeelde kanse Pa was skaars sestig toe hy in ‘n asemnood-oomblik aankondig dat die lang bome van die familiebegrafplaas hom roep. Drie maande later het Vader Tyd die streep getrek. Pa se uurglas was onder vol en bo hol. Die skadus van die lang populiere het in donker vingers sy nuutgegroude graf betas en ek […]

Lees meer

Knewel van die Kruger Wildtuin

Knewel van die Kruger Wildtuin Sy hoë voorkop is nat gesweet toe die nagmerrie hom uiteindelik laat los en hy stadig bewus word van die vars oggend lug in sy kamer. Hy skuif sy hand onder sy kopkussing in en vroetel na sy selfoon. Vieruur. Die dag ontwaak. Die skrander Jason Blount is ‘n Wildbewaarder […]

Lees meer

Suid afrika my hart

Brons afdeling   Suid-Afrika – my hart       My hart brand stééds vir jou my vaderland!   Steeds laat ek langs wilgeboom my liefde vir jou vloei!   My voete trap nog spore oor jou warm sand   waar kole van onthou eer warm in my gloei.       Ons familiewapen pryk […]

Lees meer

Lewenspad seisoene

#Brons Afdeling Lewenspad seisoene   Seisoene wroegend in my lewenspad vanaf noord na suid soveel ervarings gevind deur ons land voorspoed uit God se Genade uitspruit   Winter met sy koue teleurstellings onseker en bekommer tyd vir volle regstellings met warm vrolike geluk van Somer   Lente met sy blommeprag blare val af op die […]

Lees meer

Ouma se kombuis #Brons

Sou my huis kon proe soos my ouma sin koester klamme beskuit snoesig in doeke gewin beskermend sonder sorge die geur van kaneel veilig en geborge waar alle seer weer kan heel. ons hulp het verrys uit die reuk van skaapboud en rys gesondheid gegun uit die meer – nie die min melktert en souskluitjies […]

Lees meer

Kom maak my skoon

Brons afd Kom Here, kom maak my hart skoon sodat U veilig in my hart kan kom woon kom, en maak my siel sterk sodat ek gewillig net vir U kan werk My hart is nou veilig,my toekoms nou helder Want U vat my nog al hoe verder Ek gee myself vir U, Here So […]

Lees meer

Spinnekop byt

Sy verspotte velhoed sit windskeef oor sy boskas as hy sy oë skrefies maak teen die skerp strale van die onnergaande son. Sy kyk vee oor die volle breedte van sy plaas. Sy naam is oral bekend – Jan van der Merwe. Sy plaas, eintlik nie veel meer as ‘n vergrote plot nie, en grens aan die […]

Lees meer

Ou Madala en die waterwyser

Ou Madala en die Waterwyser Die seun se seningrige lyf word groter soos wat hy oor die duine naderkom. Ou Madala skreef sy oë teen die verblindinde Noord-Kaap son. Die draadkar maak ‘n lang ry netjiese spore regoor die sandduin en lê roerloos in die windstiltes van Keimoes. Hier onder die afdak  is die verstikkend warm. Dié dat […]

Lees meer
wag asb.
op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed