Jongste aktiwiteit:

Woorde kan leemte nie vul nie

Afrikaans is sekerlik die taal wat die meeste beskrywende woorde bevat. Woorde wat nog nie bestaan om uitdrukking aan iets te gee nie, word uitgedink en bygevoeg. Die twyfel bestaan of daar in enige taal woorde bestaan wat die afgelope week se hartseer kan beskryf. Die nuus van sy afsterwe het skokgolwe tot gevolg gehad. […]

Lees meer

Plasing van iemand anders se werk onder my eie naam

Baie dankie vir die terugvoering wat ek gekry het dat die skakel wat saam met my werk geplaas word na iemand anders se naam verwys. Media24 het baie lank gesukkel om hulle stelsel reg te kry – dat die vryskutskrywer, en nie die redakteur se naam, by die werkstuk verskyn nie. Na jare van probeer […]

Lees meer

Waarheen is die wêreld op pad?

ekenaartoerusting en selfone raak al hoe kleiner, maar in die meeste gevalle kan dit ook al hoe meer inligting stoor. Sommige geheuestokkies is so klein dat jy dit skaars tussen jou vingers kan vashou, tog kan ’n mens ’n magdom inligting daarop versamel. Die geheuestokkie in die vorm van ’n parmantige Minion op die winkel […]

Lees meer

Engel Gabriël

Soms, in die nag, verbeel ek myself – as gister se spoke my hard-op uitjou – God stuur Sý engel Gabriël om oor my wag te kom hou. Nie by die venster, nie by die deur maar regop langs my op die matras sodat die spoke nie ook in die vertrek kan inpas. Met sy […]

Lees meer

Die gesoebat vir ‘n pan

Die meeste van ons het al die advertensie gesien waar ’n sekere winkel ’n spesifieke pan adverteer. Dit is ’n ongelooflike pan wat die pannekoeke so lig soos veertjies laat omdraai. ’n Pan wat jy sommer met kombuispapier kan uitvee en weer gebruik. ’n Pan wat ’n nuwe lagie Teflon by die fabriek kry wanneer […]

Lees meer

In die gees van Paasfees – skuins voor Paasfees

Opwinding en afwagting was duidelik op hul gesiggies te sien toe hulle die klokkie by die hek druk. Vir die komende vakansie wou hulle geld insamel. Die feit dat leerlinge geld insamel, was nie vir haar vreemd nie. Daar was altyd skooltoere of sporttoernooie wat ’n sakgeldjie vereis het. Hul eie kinders het ook al […]

Lees meer

Moontlik is nie altyd maklik nie

Op die oog af het sy baie gemakliker as die ander stappers in die groep gestap. Dit het gelyk asof daar geen inspanning van haar kant af nodig was nie. So ver as wat sy gestap het, het sy gesels en selfs met haar hande beduie. Ná 5 km het die res van die groep […]

Lees meer

Sy is van die kerk

Sy was vier jaar oud toe hulle uit die Noord-Kaapse platteland na ’n enorme hoofstad verhuis het. Haar verwysingsraamwerk van hoe om ’n vreemdeling op te spoor het bepaal dat jy die buurman of ’n kollega of die persoon langs jou in die kerk vra. Ná ’n paar weke in haar nuwe omgewing het sy […]

Lees meer

Wanneer gaan jy dit weer hoor?

Die meeste mense sê die een of ander tyd iets waaroor hulle hul tong kan afbyt. ’n Mens hoor daagliks, direk of indirek, iets wat jy waarskynlik sou verkies het om nie te hoor nie. Tog hoor ’n mens soms iets wat so uniek is dat jy wonder of jy dit ooit weer gaan hoor. […]

Lees meer

Hier lééf hulle Afrikaans

emand verwys onlangs terloops na Shaleen Surtie-Richards wat in Fiela se Kind gevra het hoe jy “die magistraat se m**r” gaan vertaal. ’n Engelssprekende vriend sê sy vier kinders praat Engels, maar die enkele kere dat hulle vir mekaar kwaad word, argumenteer hulle in Afrikaans. ’n Mens sou die afleiding kon maak dat ’n mens […]

Lees meer
wag asb.
op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed