Jongste aktiwiteit:

Sy is van die kerk

Sy was vier jaar oud toe hulle uit die Noord-Kaapse platteland na ’n enorme hoofstad verhuis het.

Haar verwysingsraamwerk van hoe om ’n vreemdeling op te spoor het bepaal dat jy die buurman of ’n kollega of die persoon langs jou in die kerk vra.

Ná ’n paar weke in haar nuwe omgewing het sy opgewonde aangekondig dat sy by ’n maatjie wil gaan speel wat in dieselfde kleuterskool is.

Haar ma het probeer verduidelik dat dit feitlik onmoontlik is om iemand op te spoor as jy nie die persoon se van ken nie.

Die dogtertjie het opgewonde geantwoord dat, hoewel sy nie weet wat haar van is nie, sy gehoor het sy is van die kerk.

“Ons kerk?” het die ma gevra.

Die dogtertjie het haar skouertjies tot onder haar ore opgetrek en gesê: “Ek dink so . . . ”

Sondag ná Sondag het ma en dogter soos twee meerkatte gesit en die gemeentelede deur hul wimpers beloer. Sondag ná Sondag het die dogtertjie teleurgesteld haar kop geskud.

’n Paar maande later, toe haar ma haar by die kleuterskool gaan oplaai, het sy opgewonde beduie dat die dogtertjie wat voor hulle loop dié maatjie is by wie sy wil gaan speel.

Die ma het ’n bietjie vinniger gestap en by die pa van die maatjie aangesluit. Tydens die kort gesprek het hulle vasgestel dat hulle in dieselfde straat bly. Om die raaisel omtrent die soektog in die kerk op te los, het die ma die vreemdeling gevra in watter kerk hulle is. Hy het agterdogtig geantwoord dat hulle in ’n Engelse kerk is. Hulle het gegroet.

Net voor hul vertrek het die ma op die ingewing die vreemdeling gevra wat hul van is.

“Van Niekerk,” het hy gesê.

http://www.netwerk24.com/ZA/Noordkaap/Nuus/die-maatjie-is-van-die-kerk-20170221-2




2 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed
  • Colin het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Christa D het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Tearlach het ‘n nuwe publikasie gemaak