Jongste aktiwiteit:

Moontlik is nie altyd maklik nie

Op die oog af het sy baie gemakliker as die ander stappers in die groep gestap. Dit het gelyk asof daar geen inspanning van haar kant af nodig was nie.

So ver as wat sy gestap het, het sy gesels en selfs met haar hande beduie. Ná 5 km het die res van die groep net hier en daar saam gesels en teen 8 km was sy die enigste een wat ’n storie kon klaar vertel, en dít terwyl sy ’n stewige pas aangegee het.

Die ander stappers het haar hierdie wonderlike talent gegun. Tog het hulle heimlik gewonder waarom dit vir haar só maklik is. As dinge tog vir hulle ook so maklik kon wees . . .

Die dae en weke en maande het verbygesnel en kilometer ná kilometer is afgelê. Al geselsende. Al te maklik.

Op ’n dag het een van die klublede haar raakgeloop waar sy besig was om tekkies aan te pas.

Anders as wat verwag is, het die dit-is-vir-haar-regtig-maklik-stapper erken dat dit nie altyd vir haar ewe maklik is nie. Sy is soms so moeg dat sy sukkel om een voet voor die ander een te sit, maar die stap verminder haar spanning. Sy is iemand wat die heeltyd gesels en beduie, daarom doen sy dit ook terwyl sy stap, nie noodwendig omdat sy hope energie het nie. Om die regte staptekkies te kry, is vir haar ’n nagmerrie.

Haar stapvriendin het stiller en stiller geraak terwyl sy die gesprek gevolg het. Die gedagte dat hierdie vrou ook soms nie lus is of krag het om te stap nie, het nooit by haar opgekom nie. Daarvoor het dit te maklik gelyk.

Terwyl sy in haar motor klim, het sy besef: Die feit dat iets moontlik is, is nie te sê dit is noodwendig maklik nie.

http://www.netwerk24.com/ZA/Noordkaap/Nuus/moontlik-is-nie-altyd-maklik-20170404-2




2 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed