Jongste aktiwiteit:

Plasing van iemand anders se werk onder my eie naam

Baie dankie vir die terugvoering wat ek gekry het dat die skakel wat saam met my werk geplaas word na iemand anders se naam verwys.

Media24 het baie lank gesukkel om hulle stelsel reg te kry – dat die vryskutskrywer, en nie die redakteur se naam, by die werkstuk verskyn nie. Na jare van probeer is die probleem vroeër hierdie jaar opgelos.

Werk wat voorheen geplaas is, se skakel sal steeds met die redakteur se naam verskyn.

Vreemd hoe moeilik dit is om vir iemand die voordeel van die twyfel te gee en te vra: “Karin, ons sien iemand anders se naam verskyn by die skakel na jou werk wat by Media24 geplaas is. Is daar ‘n goeie rede hiervoor?




2 Kommentare

  • Anze

    Tegnologie is mos almal se vriend en vyand, dankie vir die verduideliking en ons lees graag verder jou pragtige skrywes wat jy so gereeld met ons deel.

  • Inkmoderator

    Baie dankie Karin vir die verduideliking. Ek hoop jy sal verstaan waarom dit aangespreek is? Die bestuur van INK, en veral ek wat die krit hanteer, moet almal se intellektuele eiendom beskerm. Ek is jammer aangaande my gevolgtrekking tog het dit ons nou die geleentheid gegee om agter die kap van die byl te kom. Skryfgroete IM

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed