Jongste aktiwiteit:

Woorde kan leemte nie vul nie

Afrikaans is sekerlik die taal wat die meeste beskrywende woorde bevat. Woorde wat nog nie bestaan om uitdrukking aan iets te gee nie, word uitgedink en bygevoeg.

Die twyfel bestaan of daar in enige taal woorde bestaan wat die afgelope week se hartseer kan beskryf. Die nuus van sy afsterwe het skokgolwe tot gevolg gehad.

Die ergste nuus is waarskynlik die nuus dat iemand gesterf het.

In die afgelope week was daar diegene onder ons wat asem opgehou het – iewers moes daar tog ’n boodskap deurkom wat aandui dat alles ’n verskriklike misverstand is. Daar het nie.

Ons het ’n beperkte leeftyd. Ons besef dit. Die meeste aanvaar dit. Tog, dit bly ’n skok.

Die leemte wat hy agterlaat, kan nie beskryf word nie. Sy nalatenskap gaan egter voortbestaan. Mense gaan nie van hom vergeet nie. Hulle gaan gesels oor die vorige basaars waarop hy vleis gebraai het. Hulle gaan wonder hoe hy ’n spesifieke rekeningkundige tameletjie sou benader.

Hulle gaan sy insette by verskeie plekke in die gemeenskap mis.

Hy het die vermoë gehad om moeilike begrippe te vereenvoudig. Hy kon altyd die ander kant van ’n saak insien. Hy was ’n ongelooflik interessante mens met ’n wye algemene kennis.

Hy was ’n betroubare buurman. ’n Besonderse kollega. ’n Dierbare vriend. ’n Aktiewe gemeentelid. ’n Briljante mentor.

Ons pragtige taal het nie voldoende woorde om te beskryf hoeveel ons hom gaan mis nie.

*** Dié rubriek word aan Werner Hauptfleisch, wat op 14 Augustus oorlede is, opgedra.

http://www.netwerk24.com/ZA/Noordkaap/Nuus/woorde-kan-leemte-nie-vul-20170822-2




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed
  • Sanette het n geregistreerde lid geword

  • Rosalee het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Awona het ‘n nuwe publikasie gemaak