Die Loodgieter
Die Loodgieter
≈≈≈≈≈⤾⩯⤿≈≈≈≈≈
Midde-in die nag ontdek Dr. Abrahams dat sy kelder onder water staan – dis reeds halfvol. Dadelik roep hy ‘n loodgieter aan om dit weer in orde te bring. Die man sê, „Nee, dit kan mos tot môre wag.” Maar die dokter sê, „Hoeso? As ek na ‘n noodgeval uitgeroep word, moet ek ook mos opstaan en ry!”
Tien minute later staan die loodgieter voor sy deur. Hulle stap saam deur die huis en die keldertrap af. Die loodgieter buk en roer die water met sy hand, vroetel in sy wertuigkas en staan op. Hy gooi twee drukringe en ‘n moerplaatjie in die water en sê, „Roep my weer môrevroeg, as dit nog nie beter geword het nie.”
≈≈≈≈≈⤾⩯⤿≈≈≈≈≈
[Daar’s heelwat staaltjies en verhaaltjies in omloop wat in die een of ander groep of kategorie behoort. Sommiges behoort miskien in twee kategorië. In welke kategorie behoort hierdie ene?]
©.28e.September2017≈≈≈≈≈⤾⩯⤿≈≈≈≈≈- – – – – – – – – – – – – – -tje
3 Kommentare
-
Viooltjie
Dis seker altwee kategorieë, maar ek vermoed die dokter sal dalk nie dink dis 'n grap nie ...hehe
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Toom
Hoesê? Vriende. Is dit'n dokterstaaltjie, 'n handwerkergrap . . ? Of kom dit in 'n ander kategorie? Of gladgeen kategorie nie? GvT