(Brons) Kaalvoet staan jy met jou hele wese ontbloot, terwyl die brander’s jou saggies omsingel. Die koel seelug briesie wat jou hart en siel kom skoonwas. Die brander’s wat jou toevou so asof hulle jou wil beskerm teen al die aanslae van die lewe. Die Namakwaland Nasionale Park se kus, dis waar ek my hart […]

Vandat ek ‘n klein dogtertjie was, het ek nog altyd gedroom dat wanneer ek eendag groot is, wil ek gaan rondreis en die wêreld gaan verken. Ander lande met hul kulture het my nog altyd gefassineer. Ek was nog altyd gek daaroor om te sien hoe die huise in ander lande lyk, die kleredrag, die […]

Soms kan ek my so verkyk aan mense en dan wonder ek of hulle, hulself al in ‘n spieël gesien het… mense dra soveel maskers dis partymaal nogal skrikkerig! Party kan nie vinnig genoeg die masker van “daai nagemaakte vriendelikheid” opplak nie. Jy weet mos, hulle raak so vriendelik, dit drup soos stroop van hulle […]

Kyk as daar nou een ding is wat my fassineer, dan is dit Japannese kos. Hulle noem nie verniet Japan die wonderland van kos nie! Hulle disse is nogal ‘n mengsel van geure en kleure en vrek interessant, om nie eers die name daarvan te probeer opnoem nie! Ons is gek daaroor om sou nou […]

Ek’s ‘n reisiger in murg en been en as ek sê “reisiger” dan bedoel ek dit letterlik en figuurlik, want as die wiele draai dan is ek in! Ons as gesin reis gereeld en is altyd uit op een of ander avontuur. Ons is gek oor ons land maar ook om ander lande te verken. […]

Graag wil ek hierdie skryf aan elke mamma daar buite. Soms gebeur daar so baie dinge en dan wonder mens… Hoekom Here, hoekom ek?! Stil gaan ek deur my foto album en my hart ruk van verlange want voor my sien ek my mooie blou oog dogtertjie, net geleen aan ons vir so kort rukkie. […]


As daar nou een ding is, dan is dit ons groot liefde vir die berge. So kom dit toe dat ek vir manlief en ons kabouter saamsleep Drakensberge toe! Heel opgewonde en voor in die koor kan ek al my tone voel omkrul van lekkerte. Wat is dan nou lekkerder as die stilte en die […]



