Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: ‘n Japannese dis met ‘n kinkel.

Deur Madzi
Datum gepubliseer: 26 Augustus 2018 Aantal woorde: 314 597 Kere gelees 13

Kyk as daar nou een ding is wat my fassineer, dan is dit Japannese kos. Hulle noem nie verniet Japan die wonderland van kos nie! Hulle disse is nogal ‘n mengsel van geure en kleure en vrek interessant, om nie eers die name daarvan te probeer opnoem nie!

Ons is gek daaroor om sou nou en dan een van hulle geregte uit te toets. Vra maar vir “Tannie Google” sy het skatkamers vol resepte en toemaar voor daar enige kommentaar is, Flaffie van tannie Sannie staan nogsteeds in haar jaart!

Wanneer meeste mense dink aan Japannese kos, dan hardloop hulle gedagtes skoon op hol maar ons sal nou nie daaroor uibrei nie! Eintlik het hulle nogal heelwat geregte wat hemels is en hulle het tot hul eie kerrie en rys gereg genaamd “Kare raisu” wat mens uitspreek as “Kah-ray rye-soo.” En wie kan nou nee sê vir ‘n heerlike bord kerrie en rys!

So probeer ek en manlief dié dag ‘n splinternuwe resep wat ek by “Tannie Google” leen, maar O’ wee wat ‘n gemors want ons gereg wat nou eintlik ‘n “omelet storie” moes wees, is ‘n totale flop! Om eerlik te wees dit was so ‘n flop dit was skaars eetbaar!

So probeer ek maar die situasie red, want nou is aandete daarmee heen en omtrent elke bak en lepel is vuil. Manlief brom sy maag grom al, nie eers te noem ons bulletjie wat al met die eetstokkies rondspeel en dit by sy mond laat uitsteek en sê “Kyk ma ek lyk soos “Dracula” en dan so giggel of twee gee.

Wel op die ou einde toe slaan ons toe sommer ons eie Japannese gereg aanmekaar, sonder die volksvreemde speserye, en sit later gewapen met ons eetstokkies voor ‘n bakkie gevlokte vis en gegeurde rys, gemeng. Wie het dan nou gesê ‘n Japannese dis kan nie ‘n kinkel hê nie!

©Madzi




TEMAS
1 Kommentaar
  1. Anze

    27 Augustus 2018

    Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Augustus 2018 – Haikoe projek

Laat u kommentaar

GESKRYF DEUR

Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

Publikasies: 8
Kommentaar telling: 1

Een van Liewe Jesus se Koning's dogters, wat so nou en dan bietjie rebels raak maar altyd terug draai na my God. 'n Mamma vir 'n kosbare hiperaktiewe seun en vrou vir my sielsgenoot. Gek daaroor om tyd saam my twee harts'mensies te spandeer. Reis, fotografie en skryf is my passie. Dit loop soos jam op brood, altyd interesant! Ons is altyd uit op een of ander avontuur.

Horison Media

AfriForum – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

FAK – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Die Afrikaanse Taalmuseum & -monument – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Gebruikers Aanlyn

0 Lid, 453 gaste aanlyn

Bydraes – Argief